Local sportSport

Harde stryd in dié rugbyliga

Stoere ondersteuners van die Kargo Pietersburg Rugbyklub (Dorp) moes Saterdag na hulle ne-derlaag in die Boet Fick-liga teen hul aardsvyande, BB Truck Noordelikes, naarstiglik na iets vir die sooibrand soek.

POLOKWANE – Stoere ondersteuners van die Kargo Pietersburg Rugbyklub (Dorp) moes Saterdag na hulle ne-derlaag in die Boet Fick-liga teen hul aardsvyande, BB Truck Noordelikes, naarstiglik na iets vir die sooibrand soek.

Al drie spanne van Noordelikes het oortuigende oorwinnings teen Dorp behaal.

In die eersteligawedstryd het Dorp vergeefs probeer om wal te gooi teen die aansienlik fikser Noordelikes.

Teen rustyd het Noordelikes reeds 28-7 voorgeloop. In die tweede helfte van die spel het Dorp stoom verloor met Noordelikes se fiksheidstenk nog ver van leeg. Die eindtelling was 75-12. Noordelikes het 11 drieë gedruk en Dorp twee.

Dorp en Noordelikes sal weer teen mekaar te staan kom vir hul volgende ronde ligakragmetings op die Noordelikes se tuisveld in Ladanna.

Die tweedespan van Noordelikes was ook te sterk vir Dorp en het ‘n wegholoorwinning van 57-0 behaal.

Dorp se derdespan het dit ook nie maklik gehad in hul wedstryd teen Noordelikes nie. Teen rustyd was Noordelikes se voorsprong 10-7.

Noordelikes seëvier 36-12 in hierdie wedstryd.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button