Hardloopkliniek by PHS se restaurant met Zola Budd
Wanneer dit by atletiek kom, is Zola Budd Pieterse geen onbekende nie.
POLOKWANE – Wanneer dit by atletiek kom, is Zola Budd Pieterse geen onbekende nie.
In die fleur van haar loopbaan het sy in minder as drie jaar sy twee wêreldrekords opgestel in die 5 000 m vir vroue en was sy twee keer die wenner van die vroue wêreldlandloopkampioenskappe.
Budd se loopbaan was ongewoon omdat sy hoofsaaklik kaalvoet gehardloop het.
Sedert 2008 woon sy en haar familie in Suid-Carolina in die VS, waar sy steeds aan marathons deelneem.
Sy het vanjaar sewende geëindig in die Comrades Marathon en haar sege opgedra aan Pierre Corkie, wat in Yemen gevange gehou word deur militante.
Budd Pieterse sal Vrydag ‘n hardloopkliniek by PHS aanbied.
Dié kliniek sal by die skool se restaurant plaasvind en om 14:00 begin.
Almal is welkom en toegang is gratis.



