17 medaljes vir Zani’s
Die energieke gimnaste van Zani's Gimnastiekklub het beoordelaars beïndruk by die No Limits-klubkompetisie in Vereeniging.
POLOKWANE – Die energieke gimnaste van Zani’s Gimnastiekklub het beoordelaars beïndruk by die No Limits-klubkompetisie in Vereeniging.
Zani’s se gimnaste het 17 medaljes op die Olimpiese eurotrampolien en mini-trampolien verower op 7 Junie met puik afgeronde vertonings by hierdie kompetisie.
“Baie geluk aan die gimnaste en aan hulle afrigters, Cecil van den Berg en Tanya Bouwman,” het Zani’s se hoofafrigter en eienaar, Zani Prinsloo gesê.
Die gimnaste neem op 18 en 19 Julie deel in Gezina, Pretoria om die Limpopospan te kies.
Die Limpopospan sal dan aan die Noordsirkelkompetisie deelneem om ‘n nasionale span te kies.
Olimpiese Eurotrampolien uitslae:
Gouemedaljewenners:
• Casey Jackson;
• Ruben Adlem;
• Deandro du Preez;
• Veroneque Lessing;
• Carlo Drotskie, en
• Leandre du Preez.
Silwermedaljewenners
• Martin Viviers, en
• Lara Prenzler.
Bronsmedaljewenner
• Joshua Brooks.
Mini-trampolien uitslae:
Gouemedaljewenners:
• Jordan Menzies;
• Rorisang Ledwaba;
• Carlo Drotskie, en
• Lara Prenzler.
Silwermedaljewenners
• Casey Jackson;
• Ruben Adlem;
• Deandro du Preez;
• Veroneque Lessing, en
• Kyle Herz.



