Local sportSport

8 rugbyspanne in dié toernooi

Rugby-aanhangers en -ondersteuners kan uitsien na 'n week se top-amateurrugby by die Peter Mokaba Stadium in Augustus.

POLOKWANE – Rugby-aanhangers en -ondersteuners kan uitsien na ‘n week se top-amateurrugby by die Peter Mokaba Stadium in Augustus.

Amateurspanne van die Leeus, Valke, Leopards, Blou Bulle (twee spanne), Limpopo Blou Bulle, Laeveld en Pumas sal in hierdie toernooi op die veld uitdraf.

Die Limpopo Blou Bulle Rugby-unie in samewerking met die Blou Bulle Rugby-unie en die Suid Arfikaanse Rugby-unie sal die toernooi aanbied van 17 tot 22 Augustus.

Die eerste rugbywedstryd sal op 18 Augustus om 10:00 afskop en al agt spanne sal wedstryde speel op dié dag.

Die publiek word hartlik uitgenooi om die wedstryde te kom ondersteun asook om saam met al die spelers die aand om 19:00 by die stadium te kom kuier.

‘n Gaskunstenaar, kos en kontant-kroeg sal beskikbaar wees en toegang tot die wedstryde en vermaak is gratis.

Die tweede ronde van die toernooi sal op 20 Augustus plaasvind en die finale wedstryde sal op 22 Augustus plaasvind.

Die spanne sal op die Dinsdag en Donderdag van die toernooi rusdae geniet en hulle kan hierdie rusdae gebruik om toeriste-aantreklikhede in Polokwane en die omliggende omgewing te besoek.

Indien daar besighede is wat wil adverteer, is hulle welkom om Joan du Toit van die Limpopo Blou Bulle Rugby-unie te kontak.

Vir meer inligting skakel Joan du Toit by (015) 291 4612 of stuur ‘n e-pos na e-pos joan@limbloubulle.co.za.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button