SAPD se rugbyspan buig knie na moedige stryd
Limpopo se manne in blou se rugbyspan het onlangs aan die nasionale SAPD-kampioenskappe deelgeneem in Johannesburg.
POLOKWANE – Limpopo se manne in blou se rugbyspan het onlangs aan die nasionale SAPD-kampioenskappe deelgeneem in Johannesburg.
Die toernooi het by die Bill Jardim-stadium plaasgevind en die Limpopo-span het agtste uit 12 spanne in die toernooi geëindig nadat hulle al drie hul wedstryde verloor het.
Limpopo het hulle eerste wedstryd teen die Vrystaat 36-19 verloor en die hul tweede stryd, teen Gauteng se span, 40-15 verloor.
In die laaste wedstryd, teen Griekwas, het Limpopo se span hard gespeel, maar moes hulle die knie buig en het hulle met drie punte en ‘n eindtelling van 27-24 verloor.
Die Westelike Provinsie en Oos-Kaap se SAPD-spanne het eerste en tweede plekke onderskeidelik gevat.



