Local sportSport

Taai kompetisie kan 2 van stad nie stuit nie

Twee karatekas van die Kimura Shukokai-karateklub het elkeen 'n brons medalje verower by die Kimura Shukokai-wêreldkampioenskappe in Julie.

POLOKWANE – Twee karatekas van die Kimura Shukokai-karateklub het elkeen ‘n brons medalje verower by die Kimura Shukokai-wêreldkampioenskappe in Julie.

Die kompetisie was baie sterk met meer as 30 karatekas uit 18 lande per afdeling wat aan kampioenskappe kom deelneem het by Sun City.

Sensei Marcia van Niekerk het ‘n brons medalje vir kata verwerf in die veterane-kategorie. Sy het vir die agste keer aan ‘n wêreldkampioenskap deelgeneem die jaar en het laas in 2004, tien jaar gelede, gekompeteer op internasionale vlak.

“Dit het goed gevoel om weer deel te neem,” vertel Van Niekerk.

“Siende sat Suid-Afrika die gasheerland was, wou ek weer deelneem. Ek het saam met my studente hard werk en voorberei vir die kampioenskappe.”

Dit is ook die eerste keer wat Van Niekerk in die vete-rane-kategorie deelneem.

Hanlie Heins het in die kumite-kategorie vir meisies 0/17 ‘n brons medalje gewen en teen opponente van die VS en Suid-Afrika geveg.

Heins sê dat sy uitsien na die volgende wêreldkampioenskappe wat in 2016 in Duitsland sal plaasvind.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button