Local sportSport

Skuts skiet in die kol

Die Bosveld Jagtersvereniging se Pietersburg-tak het Saterdag 'n rondom-talie-skietdag aangebied en die skuts het hulle skietvernuf op verskieie gebiede getoets.

POLOKWANE – Die Bosveld Jagtersvereniging se Pietersburg-tak het Saterdag ‘n rondom-talie-skietdag aangebied en die skuts het hulle skietvernuf op verskieie gebiede getoets.

Skuts het die geleenheid gehad om in die windbuks-, .22LR-geweer-, handwapen-, jaggeweer-, en haelgeweerafdelings deel te neem.

In die kleinkaliberafdelings het die skuts met windbukse en .22LR-gewere na staal-ghonge geskiet. Die ghonge vir windbuks-skiet was op 10m geplaas en die skuts moes vyf ghonge van verskillende groottes skiet.

Vir die .22LR-gewere was die uitdaging om 10 ghonge, geplaas van 50m tot 70m raak te skiet en in die handwapenafdeling is 10 skote na aanvallerteikens en staalvalplate geskiet.

In die haelgeweerskietitem het deelne-mers kleiduiwe probeer raakskiet wat vanuit ‘n kleiduifmasjien geslinger is.

Die jaggeweerskiet was die hoogtepunt van die dag. Dié afdeling het ‘n baanskiet-gedeelte en stormleeubaan behels.

In die stormleeubaan het die skuts met 9.3mm en groter kaliber jaggewere hul skiet-vernuf getoets teen ‘n “aanstormende” leeuteiken wat teen 30km/h oor ‘n afstand van 30m op die skut “afgestorm” het.

Die skuts moes poog om drie skote in die doodskoot area op die teiken te plaas.

Die jaggweerbaan was opgestel met ‘n vlakvarkteiken op 48m, rooibokteikens op 100m, ghonge op 150m, en springbokteikens en ghonge op 200m.

Die vlakvarkteikens is uit die staanhou-ding geskiet. Vir die rooibokteiken en 150m-ghonge het die skuts die keuse gehad om uit enige posisie te skiet, maar sonder ‘n dooie-rus. Die 200m-springbok en -ghongteikens is uit die lêhouding met ‘n dooierus geskiet.

Na afloop van die dag is skuts beloon met pryse met ‘n totale waarde van R15 000.

Hiervoor het die vereniging MGM motors, Sengenta, NTK Landmark, JP Gunsmith, Safari Taksidermie en Perfect beauté salon bedank.

Laerskoolseuns en -meisies het in die kleingeweer- en handwapenafdelings geskiet.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button