Local sportSport

Baker-broers wen gesogte titels

Plaaslike renjaers George en Jaco Baker het geseëvier in die vierde been van die Noordelike streekstydrenkampioenskappe op 15 en 16 Augustus.

POLOKWANE – Plaaslike renjaers George en Jaco Baker het geseëvier in die vierde been van die Noordelike streekstydrenkampioenskappe op 15 en 16 Augustus.

Die kampioenskappe het tussen Cullinan en Bronkhorstspruit plaasgevind.

Die Baker-broers, met Jaco as bestuurder en George as navigator, het hulle opponente laat stof eet en het na die eerste dag reeds ‘n voorsprong van drie minute en 12 sekondes gehad.

Die broers het op die tweede dag hulle voorsprong verder vergroot en uiteindelik die S3 klas gewen. Die Bakers is ver voor in dié kampioenskap wanneer dit kom by die puntestand en het tot dusver drie eerste plekke en een tweede plek behaal.

“Ons het geen probleme op die roete gehad nie en skryf dit toe aan goeie voorbereiding,” verduidelik Jaco wat reeds 18 jaar aan motorsport deelneem.

Hulle het trofeë vir algehele eerste plek en ook vir wenners van die S3 klas gewen. Die broers bedank hulle borge Autozone, Coca-Cola, Limpopo Toyota, Tiger Wheel and Tyre en CV World asook hulle diensspan en familie.

Die volgende tydren in die Noordelike streekskampioenskappe sal op 4 Oktober in Witbank plaasvind.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button