Local sportSport

‘n Seer hou vir span

Die SupaRugby 15-tal het Saterdag 'n reuse 83-12 oorwinning oor die BB Truck Noordelikes behaal.

POLOKWANE – Die SupaRugby 15-tal het Saterdag ‘n reuse 83-12 oorwinning oor die BB Truck Noordelikes behaal.

Die tuisspan, wat by die Peter Mokaba Sport Kompleks teen die SupaRugby-span te staan gekom het, was teen die 30ste minuut reeds 31-0 agter en die wedstryd is na 70 minute gestop.

Die SupaRugby-span, wat bestaan uit spelers wat vir verskeie Gautengse klubs speel, het 13 drieë gedruk in dié vriendskaplike wedstryd.

Nico Els en Johan de Beer het elkeen vir die Noordelikes drieë gedruk en Zander Byleveldt het met een doelskop poging geslaag.

Die o/21- en o/19-spanne van die Limpopo Blou Bulle het Saterdag hulle Curriebeker-wedstryde teen die Griffons oortuigend gewen.

Die o/19’s het goeie hardlooprugby gespeel en die wedstryd 39-28 gewen.

Dirk Steyn, Cristopher Labuschagne, Fabian Wilken, Ryan Robinson, Lourens Pretorius en Ryan-Lee West het elk-een ‘n drie gedruk.

West het ook in twee verdoelskoppe geslaag en Heinrich Xander het ‘n strafskop en drie doelskoppe tussen die pale deur-gejaag.

Die o/21-Limpopo Blou Bulle het hulle opponente van die Griffons met 46-28 gewen.

Tyron Odendaal, Max Ca-litz, Corné Ras, Michale van Damme, Primo Ncube, Jean Grobler en Tokkie Mtsweni het punte aangeteken vir die span.

Die o/19- en o/21-Limpopo Blou Bulle sal Saterdag teen die Poemas op Middelburg te staan kom.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button