Local sportSport

Zani’s se gimnaste blink weer uit

Altesaam 59 van Zani's Gimnastiek Akademie se gimnaste het op 5 en 6 September deelgeneem aan die Noordsone vlak 1,2 en 3-kompetisie in Kemptonpark.

POLOKWANE – Altesaam 59 van Zani’s Gimnastiek Akademie se gimnaste het op 5 en 6 September deelgeneem aan die Noordsone vlak 1,2 en 3-kompetisie in Kemptonpark.

Hierdie kompetisie is die junior gimnaste se hoogtepunt van die jaar en vyf streke, Limpopo, Gauteng, Oos-Gauteng, Vaaldriehoek en Mpumalanga, het deelgeneem.

Elke gimnas het ‘n medalje ontvang op grond van sy totale punt vir die vier gimnastiekapparate.

Zanis se gimnaste het 40 goue medaljes en 19 silwer medaljes verower.

Volgens Zani Prinsloo, eienaar en hoofafrigter van Zani’s, word geen plekke aangewys nie, maar volgens die uitslae kan daar waargeneem word wie eerste geëindig het in die gimnaste se onderskeie afdelings.

Liana Pragji (vlak 1, 6 jaar), Kgwarihla Ledwaba (vlak 1, 8-9 jaar), Brendan O’Reilly (vlak 2, 7-8 jaar) en Martin Botha (vlak 3, 9-10 jaar) het eerste plekke verower in die kompetisie.

Drie gimnaste, Pedri Neethling (vlak 1, 8-9 jaar), Sebastiaan Austin (vlak 2, 7-8 jaar) en Edward-Hugo Conradie (vlak 3, 9-10 jaar) het algehele tweede plekke verower.

Minette Burger (vlak 2, 8 jaar) en Marlo van Gent (vlak 1, 8-9 jaar) het algehele derde plekke gekry.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button