Local sportSport

‘n Fees van opwindende rugby

Die eindronde van vanjaar se Kia Bosveld Rugbyfees het weereens vir heelwat opwinding en aksie gesorg

Die eindronde van vanjaar se Kia Bosveld Rugbyfees het weereens vir heelwat opwinding en aksie gesorg verlede Woensdag.

Toeskouers van die deelnemende skole is beloon met uithalerrugby tydens hierdie fees wat by Hoërskool Pietersburg aangebied is.

Die hoofwedstryd van hier-die eindronde is deur ‘n Suid-Afrikaanse Rugby-Unie skeidsregter, Marius Jonker, behartig.

“Daar is een datum in die jaar wat ek altyd oophou in my dagboek en dit is vir hierdie Kia Bosveld Rugbyfees.

“Ek geniet skolerugby en as die geleentheid dit toelaat, blaas ek graag skolewedstryde. Ek dink dit is ook ‘n goeie platform om rugby te ontwikkel.

“Ek is regtig baie bly om weer vanjaar se hoofwedstryd te kan blaas,” het Jonker gesê oor sy besoek as skeidsregter.

Die hoofwedstryd is deur die spanne van die Hoërskool Pie-tersburg (PHS) en Hoërskool Louis Trichardt gespeel.

Bornwise Thibela van die PHS Barbarians val onder druk van die verdedigers van Tom Naudé in hul wedstryd tydens die Kia Bosveld Rugbyfees se eindronde verlede Woensdag.
Bornwise Thibela van die PHS Barbarians val onder druk van die verdedigers van Tom Naudé in hul wedstryd tydens die Kia Bosveld Rugbyfees se eindronde verlede Woensdag.
Frank Julius van Tom Naudé probeer aanstormende PHS Barbarians-speler, Tyrone Thompson, stuit  in hul wedstryd tydens die Kia Bosveld Rugbyfees se eindronde verlede Woensdag.
Frank Julius van Tom Naudé probeer aanstormende PHS Barbarians-speler, Tyrone Thompson, stuit in hul wedstryd tydens die Kia Bosveld Rugbyfees se eindronde verlede Woensdag.
Marius Jonker (middel) sê dit was vir hom 'n voorreg om die skeidsregter van die eindwedstryd tussen PHS en Hoërskool Louis Trichardt in die Kia Bosveld Rugbyfees te blaas. Jonker is 'n Saru-skeidsregter. Saam met hom is Mark Vermaak van Kia Polokwane en PHS se hoof, Willie Schoeman.
Marius Jonker (middel) sê dit was vir hom ‘n voorreg om die skeidsregter van die eindwedstryd tussen PHS en Hoërskool Louis Trichardt in die Kia Bosveld Rugbyfees te blaas. Jonker is ‘n Saru-skeidsregter. Saam met hom is Mark Vermaak van Kia Polokwane en PHS se hoof, Willie Schoeman.

PHS het van meet af die pap dik aangemaak en die span se woelige voorspelers sowel as sy giftige agterlyn was uiteindelik net te veel vir Louis Trichardt se span om baas te raak.

PHS het hierdie wedstryd gemaklik met 40-0 gewen om dan ook as algehele wenners van hierdie reeks uit die stryd te tree.

JV Coertze van PHS is as spe-ler van dié wedstryd aangewys.

In die afdeling vir laerskole was dit die span van Laerskool Pietersburg-Oos wat in hul eind-stryd teen die span van Laerskool Krugerpark van Mokopane te staan gekom het.

Die Osies het met 12-0 geseëvier alhoewel Krugerpark se spelers moedig aanhou veg het totdat die eindfluitjie ten einde laaste geblaas het.

Canseus Saayman is aange-wys as speler van die wedstryd in hierdie laerskolerugby-eindstryd.

Verdere uitslae:

• Laerskool Pietersburg klop Laerskool Pietersburg-Noord met 12-0.

• Hoërskool Ellisras klop die uitnodigingspan (spelers van PHS en Tom Naudé) met 54-12.

• Die Rangers saamgestelde span klop Hoërskool Merenskry met 33-31.

• Hoërskool Hans Strijdom klop Hoërskool Frans du Toit met 38-19.

• PHS se Barbarians klop Tom Naudé met 17-12.

Spelers van die wedstryd:

• Tiaan van den Heever, Laerskool Pietersburg.

• Johan Pitout, Hoërskool Ellisras.

• Reginald Malatji, Rangers.

• Jacques Pretorius, Hoërskool Hans Strijdom.

• Johan Nel, Tom Naudé.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button