Local sportSport

2de rekord vir Pieter in strawwe 160km-resies

Pieter Pretorius, 'n ultra-afstand atleet van Polokwane Atletiekklub het onlangs die jaarlikse Dawn-to-Dusk 100 myl (160km) wedloop vir die tweede agtereenvolgende jaar gewen.

Pieter Pretorius, ‘n ultra-afstand atleet van Polokwane Atletiekklub het onlangs die jaarlikse Dawn-to-Dusk 100 myl (160km) wedloop vir die tweede agtereenvolgende jaar gewen.

Pretorius het hierdie uitmergelende wedloop in ‘n rekordtyd van 18 uur 52 minute voltooi wat meer as ‘n uur vinniger is as sy vorige wentyd van 19 uur 59 minute.

“Ek was vasberade om die Dawn-to-Dusk weer te wen, maar ek kon nie voorspel dat ek dit in ‘n rekordtyd sou doen nie,” het hy verduidelik.

Volgens Pretorius was die weersomstandighede op die dag van die wedloop sy grootste uitdaging. Hy vertel dat dit ysig koud was en dat net vier uit die 14 atlete wat deelgeneem het die wedloop voltooi het.

Ten spyte van die koue front het Pretorius deurgedruk en die eindstreep in ‘n rekordtyd bereik.

Pretorius gaan in Desember aan die Johannesburg 12 Hour Race deelneem en sien ook uit na die Kaapsehoop Marathon in Mpumalanga.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button