Local sportSport

Zani’s-groep skitter

Vyftien senior artistiese gimnaste van Zani's Gymnastiekakademie het op 13 September aan die Limpopo-kompetisie in Makhado deelgeneem.

Vyftien senior artistiese gimnaste van Zani’s Gymnastiekakademie het op 13 September aan die Limpopo-kompetisie in Makhado deelgeneem.

Al 15 gimnaste het ge-kwalifiseer om aan die SA Gimnastiekspele in Kaapstad deel te neem. Hierdie kampioenskappe vind van 9 tot 11 Oktober plaas.

Hierdie 15 gimnaste, waarvan sewe meisies en ses seuns, het altesaam 66 medaljes by die Limpopo-kompetisie ingepalm, waarvan 29 goud, 24 silwer en 13 brons.

Gimnaste wat hulle onderskeie afdelings gewen het was Caleb Braack, Deon Kriel, Liam Botha, Abigail de Jager en Leandre du Preez.

Die artistiese meisiesgimnaste van Zani's Gimnastiekakademie wat uitstekend gevaar het by die Limpopo-kompetisie en die provinsie in Kaapstad by die SA Gimnastiekspele sal verteenwoordig is Tanya Bouwman (afrigter), Mushke van Staden, Xandri Steenkamp, Karlien Baker, Lara Prenz-ler, Leandré du Preez, Abigail de Jager en Sonja Pretorius.
Die artistiese meisiesgimnaste van Zani’s Gimnastiekakademie wat uitstekend gevaar het by die Limpopo-kompetisie en die provinsie in Kaapstad by die SA Gimnastiekspele sal verteenwoordig is Tanya Bouwman (afrigter), Mushke van Staden, Xandri Steenkamp, Karlien Baker, Lara Prenz-ler, Leandré du Preez, Abigail de Jager en Sonja Pretorius.

Saam met hierdie 15 gimnaste is daar ook 11 ritmiese gimnaste wat in Kaapstad gaan deelneem.

“Baie sterkte aan elke gimnas, afrigter en beoordelaar wat Limpopo se naam gaan hoog hou,” het Zani Prinsloo, hul afrigter, gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button