Local sportSport

Skuts palm medaljes in by SATRA

Vyf lede van die Limpopo Kleingeweerskietklub het verskeie podiumplekke losgeskiet in die South African Target Rifle Association (SATRA) kampioenskap.

POLOKWANE – Vyf lede van die Limpopo Kleingeweerskietklub het verskeie podiumplekke losgeskiet in die South African Target Rifle Association (SATRA) kampioenskap.

Pieter de Bruyn, Rudi Myburgh, Henso Coetsee, Roelof Myburgh, en Johan Potgieter het Limpopo verteenwoordig by die kampioenskap wat op 4 Oktober in Bloemfontein plaasgevind het.

Met ‘n koue wind wat dwars oor die skietbaan gewaai het, het dié vyf skuts saam met al die top skuts van die land aangelê.

Die kampioenskap is oor twee wedstryde van 600 punte elk geskiet en in die A-afdeling het verskeie Protea skuts dit uitgespook teen mekaar. In die eerste wedstryd het Coetsee wat in die C-afdeling deelneem ‘n tweede plek behaal.

Coetsee het voortgegaan en in die tweede wedstryd ‘n eerste plek behaal en het algeheel in die eersteplek van die C-afdeling geeindig.

In die A-afdeling was die kompetisie baie straf onder die skuts. ‘n Punteverskil van een of twee punte het op die ou einde van die dag die top drie onderskei.

In die eerste wedstryd kon Limpopo se A-afdeling skuts nie daarin slag om onder die eerste drie plekke te eindig nie, maar in die tweede wedstryd het die natuur ‘n groter rol gespeel en die skuts se vernuf om in wisselende windrigting en sterkte te skiet is na behore getoets.

Rudi Myburgh van Limpopo het hier uitgeblink en skiet saam met Esmarie van Reenen die hoogste telling in die wedstryd. Rudi word egter op die laaste honderd skote met sy 98 uit 100 teenoor Van Reenen se 99 uit 100 uit getel na die tweede plek vir ‘n silwer medalje in die wedstryd.

De Bruyn het ook daarin geslaag om die veteraan-afdeling ‘n tweede plek te behaal.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button