Karatekas blink uit tydens kompetisie
Pietersburg JKA Karateklub het op 27 September 'n vriendskaplike karatekompetisie vir alle style aangebied.
POLOKWANE – Pietersburg JKA Karateklub het op 27 September ‘n vriendskaplike karatekompetisie vir alle style aangebied.
Sowat 90 deelnemers van agt verskillende karateklubs uit Limpopo het aan hierdie kompetisie deelgeneem.
“Ek is baie trots op ons studente, hulle het werklik goed gevaar in hierdie toernooi,” het Piet van Rensburg, instrukteur van Pietersburg JKA Karateklub, gesê.
Cornia Claassens, Stephan van Rensburg, Terrens van Wyk en Richard Pretorius het elkeen twee goue medaljes vir kata en vrygeveg onderskeidelik gewen.
Nathan Wiedeman het ‘n brons medalje vir kata en goud vir vrygeveg gewen en Eliphus Ntata het ‘n silwer medalje vir kata en goud vir vrygeveg gewen.
Gadima Setiti het ‘n silwer medalje vir kata gewen en William Malebana twee brons medaljes vir vrygeveg en kata.



