Stoeiers pen teenstanders vas by SA’s
Stoeiers van die Ion Baciu Stoei-akademie het die afgelope naweek in Pretoria uitgeblink tydens die Suid-Afrikaanse Jeug- en Juniorstoeikampioenskappe en met 'n rits medaljes te-ruggekeer huistoe.
POLOKWANE – Stoeiers van die Ion Baciu Stoei-akademie het die afgelope naweek in Pretoria uitgeblink tydens die Suid-Afrikaanse Jeug- en Juniorstoeikampioenskappe en met ‘n rits medaljes te-ruggekeer huistoe.
Hierdie kampioenskappe is in twee verskillende stoeistyle aangebied, Grieks-Romeins en vrystyl.
Uit die 11 medaljes wat Ion Baciu se stoeiers onder die leiding van Jan Roets ver-ower het, spog die klub met sewe goue medaljes.
Ion Bacui se prestasies:
• Duwalt Duvenhage, goud vir Grieks-Romeins en brons vir vrystyl.
• Steyn de Lange, goud vir Grieks-Romeins.
• Elbert Steyn, goud vir Grieks-Romeins.
• Roedie Roets, goud vir Grieks-Romeins.
• Francois Rossouw, goud vir vrystyl.
• Terry van Rensburg, goud vir vrystyl.
• Lucius van Rensburg, goud vir vrystyl.
• Frik Venter, silwer vir Grieks-Romeins en silwer vir vrystyl.
• Marais Hattingh, brons vir Grieks-Romeins en brons vir vrystyl.



