Stad se sterkes oppad na SA’s
Die sterk manne van Lynx Armdrukklub het verlede Maandag-aand 'n groot oefensessie bygewoon om voor te berei vir die opkomende Suid-Afrikaanse Armdrukkampioenskappe.
POLOKWANE – Die sterk manne van Lynx Armdrukklub het verlede Maandag-aand ‘n groot oefensessie bygewoon om voor te berei vir die opkomende Suid-Afrikaanse Armdrukkampioenskappe.
Die kampioenskappe sal op 29 November in Witbank plaasvind.
“Ons is slaggereed en beter voorbereid as ooit tevore,” het Danie Fourie, voorsitter van die klub, aan Review gesê.
“Ons is elke dag hard aan die oefen en wil seker maak dat ons Polokwane en Limpopo sal trots maak by hierdie elite-kampioenskappe.”
Die Limpopo-span wat uit Danie Fourie, vyf keer Suid-Afrikaanse kampioen, Phillip Nel, agt keer Suid-Afrikaanse kampioen, Rinus Gouws, een keer Suid-Afrikaanse kampioen, Martin van Wyk, twee keer Suid-Afrikaanse kampioen, en Hendrik Fourie bestaan se kanse is beslis goed om vanjaar weer ‘n kampioen op te lewer.




