Local sportSport

Nuwe bestuurspan wy rugbyklub se nuwe seisoen in

Kargo Pietersburg Rugbyklub het op 24 Oktober tydens 'n algemene vergadering die klub se bestuur vir die volgende termyn verkies.

POLOKWANE – Kargo Pietersburg Rugbyklub het op 24 Oktober tydens ‘n algemene vergadering die klub se bestuur vir die volgende termyn verkies.

Charles van Wyk is as president van die klub verkies met Pierre Venter as visepresident. Leon Gouws is as voorsitter van die klub verkies met Marna van der Walt as tesourier en sekretaresse. Cas Jones, Hannes Christie, Angel Whitehead, Kobus Redelinghuys en Pietie Eybers is as addisionele lede van die bestuur gekies. Pierre Coetzee is as die klubkaptein verkies.

Die nuwe bestuur het ‘n be-roep op spelers gedoen om volgende Dinsdag om 18:00 die eerste oefening van die nuwe seisoen by te woon en het beklemtoon dat alle spelers welkom is.

“Ons wil graag ‘n span vir die Assupol-reeks inskryf volgende jaar en wil so gou as moontlik begin oefen,” het Pierre Venter, visepresident, gesê.

Skakel Leon Gouws by 081 018 3341, Pierre Coetzee by 082 501 6751 of Pierre Venter by 078 225 1709 vir meer besonderhede.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button