Local sportSport

Zani droom gimnastiek

Sy het al meer as 5 000 van Polokwane se jong gimnaste afgerig en het al twee keer die Suid-Afrikaanse gimnastiekspan afgerig.

POLOKWANE – Sy het al meer as 5 000 van Polokwane se jong gimnaste afgerig en het al twee keer die Suid-Afrikaanse gimnastiekspan afgerig.

Sy is die enigste gimnastiek afrigter in die land wat afrigter van die jaar-trofeë ontvang het vir ritmiese gimnastiek, artistiese gimnastiek en vir tuimel.

Sy is al 14 keer deur die Suid-Afrikaanse Gimnastiek-federasie as die beste afrigter in die land aangewys.

Zani Prinsloo, mede-eienaar van Zani’s Gimnastiekakademie, het die afgelope 44 jaar al diep spore getrap in dié sport, maar trap ook diep spore in die harte van die gimnaste en ouers wat gereeld by haar kuier.

Review het met Zani gaan gesels om te hoor wat sy beplan vir die toekoms.

Behalwe vir gimnastiek is Zani se passies fiksheid en die natuurlewe.”Wys my ‘n leeu of ‘n rooibok en ek is in vervoering,” vertel sy met ‘n glimlag.

Gimnastiek, Zani se eerste liefde, is al deel van haar lewe vir so lank as wat sy kan onthou. “My ma, Mollie Prinsloo, het die Pietersburg Gimnastiekklub gehad en hier afgerig, so ek is basies op die mat gebore. Ek het uitgekom en ‘n vooroorrol gedoen,” skerts sy.

“My ma het altyd vir my ‘n matjie neergesit en ek het altyd in my leotard saamgegaan in die middae wanneer sy afgerig het. Ek het saam geoefen en gimnastiek was my eerste liefde,” verduidelik Zani.

Sy het in gr. 1 aan kompetisies begin deelneem en vertel sy het haar liefde vir afrigting by haar ma gekry.

“Soos wat mens oefen help jy nou en dan ‘n maatjie wat sukkel reg. Toe ek 16 was het my ma vir my ‘n beginnersgroep gegee om af te rig. Toe besef ek net, dit is wat ek wil doen,” vertel Zani.

Zani het na skool onder-wys studeer, gevolg deur ‘n honneursgraad in sportsielkunde. Sy het ook gespe-sialiseer in sportbeserings, spesifiek in gimnastiek.

“Ek dink dit is ‘n voordeel. Min afrigters ken die sportsielkunde van hul sportsoorte en weet hoe om dit toe te pas,” vertel sy.

Na sy skoolgehou het by Hoërskool Ben Vorster in Tzaneen en ook ‘n gimnastiekspannee afgerig het, het Zani besluit om voltyds gimnastiek af te rig en sy het die Pietersburg Gimnastiekklub by haar ma oorgeneem.

“Ons het begin met 76 artistiese meisies. Die jaar daarna toe het ek begin om die kleuters ook af te rig. Ek het begin met 12 kleuters wat ek met my geel kar aangery het tot by hierdie einste saal,” vertel sy met ‘n glimlag.

Vandag, na 24 jaar, is Zani’s Gimnastiekakademie een van die top gimnastiekaka-demies in die land met takke in Tzaneen, Hoedspruit en Musina en met meer trofeë, goue medaljes en Suid-Afrikaanse gimnaste op die kerfstok as wat sy kan tel.

“My eerste gimnaste se kinders is nou al wenners,” vertel Zani trots.

Nadat sy Zani’s Gymnastics Academy gestig het in 1991, het Zani ‘n lang pad gestap en in 2001 het die res van Suid-Afrika haar raakgesien nadat sy haar eerste afrigter van die jaar-trofee gewen hett.

“Ek sou dit nie kon regkry sonder my Skepper, my vennoot, Anne-Marie, die wonderlike afrigtingspan, die gimnaste en die wonderlike ouers nie,” vertel Zani.

In 1991 het Zani se uitkyk op die lewe soos handomkeer verander na sy met limfklierkanker gediagnoseer is.

“Ek was altyd kwaai en ‘n beplanner. Ek het beplan dat ek met hierdie dag sal klaar wees met chemo en op die dag sal klaar wees met bestraling en die Here het vir my gewys mens kan nie altyd alles beplan nie.

“Ek moes tydens behandeling onder kwarantyn geplaas word omdat my witbloedseltelling te laag was en my chemoterapie en bestra-lingsplanne is omvergegooi.

“Nou glo ek in liefde. So nou en dan is ek nog kwaai as jou tone krom is, maar dan gee ons mekaar na die tyd ‘n drukkie,” voeg sy by.

Zani wil nog klubs oopmaak op die platteland en in liefde met almal saamleef.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button