EntertainmentLifestyleLocal sportSport

Kom kyk en luister hoe die enjins brul

DIE motorenjins gaan Saterdag brul wanneer 'n klomp motorjaers in hul warmgemaakte karre op die Trevor Els Raceway wegspring in die V8 Sprints-uitdaagwedren.

MOKOPANE – DIE motorenjins gaan Saterdag brul wanneer ‘n klomp motorjaers in hul warmgemaakte karre op die Trevor Els Raceway wegspring in die V8 Sprints-uitdaagwedren.

Die hekke by die ovaalbaan maak reeds om 12:00 oop om al die jaers kans te gee om hul karre reg te kry vir die verskeie wedrenne en die besoekers kan dan ook rustig die pitarea besoek en nader kennis maak met die bestuurders.

Daar is drie nuwe afdelings waarin gejaag gaan word, die flexi V8 motors, 100cc en 125cc knortjorre.

Die Ninja Midgets wedren behoort ook vir opwinding te sorg. Die Ninja Midgets is ‘n wedren waar die kleingoed in hul knortjorre om die baan mekaar die stryd aansê.

Trevor Els sê dankie vir almal wat die ovaalbaan-wedrenne lojaal ondersteun.

Bring gerus jou braaier en ‘n vleisie om oor die kole te gooi en kom geniet die goeie gees.

Die volgende wedren vind plaas op 13 Desember.

Diegene wat betrokke wil raak by die Trevor Else Raceway, kan gerus vir Mariëtte Jordaan by 076 769 0500 kontak.

André Horn in sy V8 Sprint.
André Horn in sy V8 Sprint.
Japie van Heerden in sy 125cc knortjor. Hy wil Saterdag eerste oor die wenstreep jaag.
Japie van Heerden in sy 125cc knortjor. Hy wil Saterdag eerste oor die wenstreep jaag.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button