Local sportSport

Erica speel krieket vir skool se beurs

Erica Pre-primêre Skool het op 8 November 'n aksiekrieketdag aangebied as 'n fondsinsamelingsprojek vir die skool.

POLOKWANE – Erica Pre-primêre Skool het op 8 November ‘n aksiekrieketdag aangebied as ‘n fondsinsamelingsprojek vir die skool.

Ses spanne naamlik die Eendjiespan, Zebraspan, Skilpadspan, Berespan, Olifantspan en Kameelperdspan het mekaar by die Polo-kwane Action Sports Arena die stryd aangesê.

Elke span het twee wedstryde gespeel waarna die Olifantspan en Berespan in die finaal gespeel het.

Die Berespan, gelei deur hul kaptein Lauran Du Toit, het as kampioene uit die stryd getree.

“Dit was ‘n dag gevul met groot pret en bewys net weer dat Erica ‘n skool is wat sterk kameraadskap aanmoedig,” het Hennie Sibley, een van die deelnemers, gesê.

Dewald Fuchs van die Kameelperdspan is as die beste bouler aangewys en Lettie Killian van die Olifantspan is as die beste speler asook beste kolwer aangewys.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button