Muurbalklub se bestes
DIE Kameeldoring Muurbalklub se lede het onlangs aan hul klubkampioenskappe deelgeneem en vir twee weke lank sake op die bane uitgespook.
MOKPANE – DIE Kameeldoring Muurbalklub se lede het onlangs aan hul klubkampioenskappe deelgeneem en vir twee weke lank sake op die bane uitgespook.
Na die toernooi is daar ook vir die eerste keer sedert 2001 weer ‘n vrouekampioen aangewys.
Uitslae van die Kameeldoring klubkampioenskappe:
In die vroue-afdeling het Eloise Dippenaar met die louere weggestap.
Deirdre Koekemoer was tweede en Elri van Eyk het ‘n derde plek losgeslaan.
In die mansafdeling is Robert Abrahamse as kampioen gekroon.
Conraad Janse van Rensburg was tweede en Nets Turvey het die derde plek behaal.
Kameeldoring Muurbalklub bied tans ‘n spesiale aanbieding vir lidmaatskap vir volgende jaar. Indien nuwe lede voor of op Donderdag, 18 Desember aansluit, sal hulle die prysverhoging vir 2015 vryspring.
Die koste beloop R520 per lid vir die tydperk Desember 2014 tot Des 2015 en R260 per lid vir eggenote of skoolgaande kinders jonger as 18 jaar. Die aansluitingsgelde vir Januarie vir nuwe en bestaande lede is R570 per lid vir die tydperk Desember 2014 tot Desember 2015 en R285 per lid vir eggenote en skoolgaande kinders jonger as 18 jaar.
Alle lede moet vorms voltooi, twee ID foto’s verskaf en ledegelde betaal by Vuvuzela Cash Loan.
Die merkers (tags) vir toegang en ligte is ook by Vuvuzela Cash Loan beskikbaar. Die kantore sluit op Donderdag, 18 Desember en open weer op 8 Januarie.
Vir navrae skakel Daléne van Eyk, klubsekretaresse, by 082 821 4521.



