Resiesduifklub deel jaar se pryse uit
Die Pieterburg Resiesduifklub (PRDK) het verlede Saterdag hul jaareindfunksie en prysuitdeling aangebied by die Pietersburg Klub.
POLOKWANE – Die Pieterburg Resiesduifklub (PRDK) het verlede Saterdag hul jaareindfunksie en prysuitdeling aangebied by die Pietersburg Klub.
Klubvoorsitter, Phillip Schmidt, het die klublede en hul gaste verwelkom en bedank vir hul insette deur die jaar.
Nadat die voorgereg bedien is, het die prysuitdeling begin.
Pryswenners:
Bartlo Oerlemans:
• Ope kampioen;
• Jaaroud-reekskampioen;
• Kortpadkampioen;
• Middelpadkampioen;
• Allepunte-kampioen;
• Klubkampioen;
• Wenner van die 8A Theunissen-enige ouderdom keurwedvlug, en
• wenner van die 10A Virginia-jaaroudkampioen-wedvlug.
Hendrik van Rensburg:
• Langpadkampioen;
• Beste hen;
• Beste haan, en
• wenner van die 9A Virginia-jaaroud keurwedvlug.
Attie van Vuuren:
• Wenner van die 16A Virginia-dames ope wedvlug, en
• wenner van die 17A Edenburg-marathonwedvlug.
Frans Pretorius:
• Laagste spoedafdeling.
Lee Meyer:
• Mees toegewyde klublid.
Ramone Malone:
• Wenner van die 15A Bloemfontein-800km ope wedvlug.
Phillip Schmidt:
• Eerste plek in die 13A Bloemfontein-enige ouderdom kampioenwedvlug.
Lee Meyer:
• Eerste plek in die 13A Bloemfontein-enige ouderdom kampioenwedvlug.



