Boogskietklub beloon skuts
Die Archers for Africa-boogskietklub het verlede Saterdag die jaar afgesluit met 'n prysuitdeling en geselligheid.
POLOKWANE – Die Archers for Africa-boogskietklub het verlede Saterdag die jaar afgesluit met ‘n prysuitdeling en geselligheid.
Luann Maree is as boogskuts van die jaar aangewys nadat hy vroeër vanjaar in die Suid-Afrikaanse boogskietspan opgeneem is.
Die boogskuts wat hulle Limpopo-kleure vanjaar ontvang het, het ook erkenning gekry by die geleentheid.
Hulle was:
• Johan Liebenberg;
• Christiaan de Jager;
• Zander de Jager;
• Danté Ferreira;
• Luann Maree;
• Christian Edwards;
• Ryan van Graan;
• De Wet Roos, en
• Bernard Mentz.
Hooftoekennings:
• Freddie Wells, senior mansboog-skutvan die jaar.
• Bernard Mentz, beste seunsboog-skut van die jaar.
• Madelein Nel, senior vroueboog-skut van die jaar.
• Jean-Mari Mostert, junior vroueboogskut van die jaar.
• Christiaan de Jager, junior mansboogskut van die jaar.
Mentz het bewys hy is van die opkomede jonger lede van die klub wat nie vir die hardebaarde hoef te-rug te staan nie.
Hy het vanjaar Limpopo-kleure asook Suid-Afrikaanse kleure vir sy 3D-skietkuns verwerf.



