Erkenning vir BJV-topskuts
Die Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging (BJV) se Pietersburg-tak het van hul lede verlede Vrydagaand met toekennings beloon vir uitstaande prestasies deur die jaar behaal.
POLOKWANE – Die Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging (BJV) se Pietersburg-tak het van hul lede verlede Vrydagaand met toekennings beloon vir uitstaande prestasies deur die jaar behaal.
Hooftoekennings:
• Rudi Myburgh, algehele skut en senior skut van die jaar.
• Roelof Myburgh, juniorskut van die jaar.
• Dré Jonker, laerskoolskut van die jaar,
• Thomas Grobler, handwapenskut van die jaar.
• Hester Myburgh, vroueskut van die jaar.
Rudi Myburgh is as algehele en seniorskut van die jaar aangewys nadat hy vanjaar ‘n eerste plek by die Jagterskonfererasie van Suid-Afrika se nasionale sportskietbyeenkoms behaal het.
Hy was ook deel van die BJV Pietersburg-tak se intertakwenspan en het ‘n vierde plek by die intertakkompetisie losgeskiet.
Hy was ook lid van die nasio-nale interverenigingspan.
Lede van die vereniging het ook sertifikate vir deelname aan verskeie kompetisies en skietbyeenkomste deur die jaar ontvang.



