Bestes beloon by duiweklub
JY moet weet watter duiwe om te kies vir watter vlugte, sê Lukie Steenkamp wat pas aangewys is as Potgietersrus Duiweklub-kampioen.
MOKPANE – JY moet weet watter duiwe om te kies vir watter vlugte, sê Lukie Steenkamp wat pas aangewys is as Potgietersrus Duiweklub-kampioen.
Steenkamp vertel hy het altyd ‘n passie vir duiwesport gehad en na vier jaar se betrokkenheid in dié sportsoort, het hy onlangs met 23 trofeë weggestap na die klub se prysuitdeling. Hy het 1 635 punte deur die jaar behaal, gevolg deur Brendon en Dean Williams met 1 527 punte. In die derde plek was Van Vuuren Hokke met 1 386 punte.
Klassieke wedvlug wenners:
• Lukie Steenkamp:
Steenkamp het die pryse gewen vir die afdelings jaaroud mannetjie met die meeste punte, jaaroud wyfie met die meeste punte, ou mannetjie met die meeste punte, ou wyfie met die meeste punte en jaaroudduif met die meeste punte in verpligte jaaroud-vlugte. Hy het ook die duif met die meeste punte in die algeheel, lid met die meeste punte in verpligte jaaroudvlugte en lid met die meeste punte in verpligte opevlugte afdelings gewen. Ook was hy die wenner van die verste vlug (gedeel met Van Vuuren Hokke), wenner van Keurvlug, wenner van tweejaaroud Keurvlug en wenner van jaaroud-Keurvlug. Hy het die Cachalia Challenge gewen asook beste gemiddeld behaal in mannetjie en wyfiekampioenskappe. Hy was ook die pontoonwenner, nominasiewenner, kortafstandkampioen, middelafstandkampioen, langafstandkampioen, ultra langafstand kampioen (gedeel met Van Vuuren Hokke), lid met beste gemiddelde spoed bo 700km en lid met die meeste punte in die streek asook klubkampioen.
• Brendon en Dean Williams:
Dié span het trofeë ingepalm vir die duif met laagste spoed in vlugte en die duif met hoogste spoed in vlugte. Hul was wenners van EOK vlugte, wenners van die Derby-vlug en ook die jongduifkampioen afdelings.



