Kruinie-werfatletiek: dag van spangees
Die leerders van Curro Heuwelkruin het Vrydag aangetree vir hul jaarlikse werfatletiekbyeenkoms.
POLOKWANE – Die leerders van Curro Heuwelkruin het Vrydag aangetree vir hul jaarlikse werfatletiekbyeenkoms.
Met geverfde gesigte, spankleure en -krete het hulle gereed gemaak om te bewys dat hulle nie net op akademiese gebied uitblink nie.
Die hoërskoolatlete het die volgende skoolrekords opgestel.
• Mauritz Pretorius, 100 m vir seuns o/17 in 11,38 sekondes.
• Mauritz Pretorius, 400 m vir seuns o/17 in 52,2 sekondes.
• Mauritz Pretorius, verspring vir seuns o/17 met 6,11 m.
• Nicole Blount, 400 m vir meisies o/15 in 66,4 sekondes.
• Stefan Nel, spiesgooi vir seuns o/17 met 65 m.
• Christopher de Jager, werpskyf vir seuns o//17 met 34,98 m.
• Rumandi Potgieter, gewigstoot vir meisies o/19 met 8,74 m.
• Lizette Pretorius, hoogspring vir meisies o/15 met 1,45 m.
Die laerskoolatlete se uitslae was teen druktyd nog nie beskikbaar nie.
Huisuitslae:
• Huis Phobos, 382 punte;
• Huis Deimos, 331 punte, en
• Huis Triton, 282 punte.



