Local sportSport

Pedallers skenk aan KANSA

Die Polokwane Pedallers-fietsryklub het Vrydagaand tydens hulle algemene jaarlikse vergadering 'n tjek vir R22 000 oorhandig aan Kansa.

POLOKWANE – Die Polokwane Pedallers-fietsryklub het Vrydagaand tydens hulle algemene jaarlikse vergadering ‘n tjek vir R22 000 oorhandig aan Kansa.

Die klub het deur middel van hul E.H. Hassim Builders Warehouse Lentetrap vir die Kansa Relay For Life-projek fondse ingesamel. Die Lentetrap, ‘n bergfietsren, is in die Polokwane Wildtuin aagebied op 31 Augustus verlede jaar.

“Die Lentetrap was ‘n reuse sukses en ons het gesien hoe families saam fietsry as sport geniet,” het Neels Grobler, voorsitter van Polokwane Pedallers tydens die oorhandigingseremonie gesê.

“Ons beoog om dit hierdie jaar selfs groter te maak en hoop om ‘n karnavalatmosfeer vir die hele naweek by die kampterrein in die Polokwane Wildtuin te skep,” het hy gesê.

Die Lentetrap bestaan uit twee bergfietsroetes van 37km en 74km lank. Die organiseerders wil vanjaar ‘n padfietswedren insluit by die Lentetrap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button