Local sportSport

Ondersteun stad se rugbyspanne by dié wedstryd

Saterdag sal die Limpopo Blou Bulle en die BB Truck Noordelikes se eersterugbyspanne teen mekaar te staan kom op die Noordelikes se rugbyvelde in Ladanna.

POLOKWANE – Saterdag sal die Limpopo Blou Bulle en die BB Truck Noordelikes se eersterugbyspanne teen mekaar te staan kom op die Noordelikes se rugbyvelde in Ladanna.

Hierdie vriendskaplike wedstryd sal dien as ‘n opwarmingswedstryd vir beide spanne, vir die Limpopo Blou Bulle om voor te berei vir die Vodacombeker-toernooi wat voorlê en die Noordelikes vir die Cell C-gemeenskapsbekertoernooi.

Beide spanne vra dat die gemeenskap hulle sal ondersteun. Die wedstryd sal om 16:00 begin. Daar sal ook verskeie stalletjies wees waar toeskouers heerlike eetgoed en yskoue koeldranke sal kan koop.

Toegang is gratis en alle toeskouers is welkom.

Kom ondersteun jou gunsteling span en geniet die middag en aand saam met hierdie rugbyspelers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button