Local sportSport

Bosvelders se Midmar-pret

OM die Midmarmyl te swem is elke jaar 'n groot uitdaging en lekkerte vir swemmers, het Armanda Kruger, wat vir die 12de agtereenvolgende jaar hierdie uitmergelende swemresies aangepak het, aan Bosveld gesê.

MOKOPANE – OM die Midmarmyl te swem is elke jaar ‘n groot uitdaging en lekkerte vir swemmers, het Armanda Kruger, wat vir die 12de agtereenvolgende jaar hierdie uitmergelende swemresies aangepak het, aan Bosveld gesê.

‘n Groot groep swemmers van Mokopane het oudergewoonte afgesit na die Midmardam in Kwazulu-Natal om hul slag in oop water te wys.

Vir Armanda was dit ‘n heerlike ondervinding omdat haar kinders sook deelneem. Kurt (15) het sy 10de agtereenvolgende myl voltooi en Lené haar agtste. Dit was die laaste jaar wat Armanda en Lené saam kon wegspring want volgende jaar sal Lené in ‘n ander kategorie val.

Vir Wihan Geerkens was dit ook ‘n goeie jaar. Hy het al agt uitdagings van hierdie byeenkoms voltooi en is nou deel van die agtmylklub.

Ted Beukes (85) van die Monument Ouetehuis was vanjaar weer die oudste manlike deelnemer wat die myl voltooi het.

Van die ander swemmers van Mokopane wat vanjaar die damwater getroef het was Stef de Lange, Awie, Rozelle en Danél Hattingh, Estelle, Hanri en Hann Geerkens, Willem, Johan en Ernst Neethling, Dirkie en Morné van der Bank, Cobus van Wyk, Danniel Kruger, Ruben Glover, Franco Botha, Anél de Vos, Wian Abraham en Simoné van Wyk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button