Local sportSport

Internasionale erkenning vir Juané

Juané Vorster, 'n vlak ses ritmiese gimnas van Zani's Gimnastiekakademie het onlangs drie goue medaljes gewen in Namibië.

POLOKWANE – Juané Vorster, ‘n vlak ses ritmiese gimnas van Zani’s Gimnastiekakademie het onlangs drie goue medaljes gewen in Namibië.

Juané het saam met twee spanmaats aan die Zone 6 Afrika-gimnastiekompetisie deelgeneem teen gimnaste van Mosambiek, Botswana, Lesotho, Suid-Afrika en Zimbabwe.

Sy het goue medaljes in die bal-, dans- en spankompetisie gewen en ook haar Suid-Afrikaanse Gimnastiek Federasie-kleure verwerf met hierdie prestasies.

Juané het ook nasionale kleure verwerf tydens die senior Suid-Afrikaanse Gimnastiekspele wat in Oktober verlede jaar in Kaapstad aangebied is.

Juané het vertel dat sy vir nege jaar al ‘n gimnas van Zani’s is en haar afriger, Zani Prinsloo, as haar rolmodel beskou.

“Ons is baie trots op Juané se prestasies en glo dat sy al haar drome sal verwesenlik,” het Prinsloo gesê. “Om die beste in drié ritmiese gimnastiekafdelings te wees nadat jy deelgeneem het teen gimnaste van ses Afrika-lande is ‘n wonderlike prestasie,” het Prinsloo bygevoeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button