Hul wys staal in Makhulu 5
DIE kranige bergfietsryers van die Mokopane Fietsryklub het op 14 Februarie aan die Makhulu 5 MTB wedren in Polokwane deelgeneem en stof in die oë geskop van die ander deelnemers.
MOKOPANE – DIE kranige bergfietsryers van die Mokopane Fietsryklub het op 14 Februarie aan die Makhulu 5 MTB wedren in Polokwane deelgeneem en stof in die oë geskop van die ander deelnemers.
Carel Smit (14) was die wenner in die 18km wedren en Lané du Plessis (17) was eerste oor die wenstreep in die 40km wedren vir junior vroue. Sy het ‘n algehele vierde plek verower onder die vroue wat deelgeneem het. Chanté du Plessis (17) was derde in die 40km vir junior vroue.
Lané en Chanté het ook einde verlede jaar hul Limpopo-kleure in die halfmarathon in fietsry verwerf. Hein du Plessis van die Mokopane Fietsryklub nooi weer alle juniors uit om by die klub te kom aansluit. Kontak hom by 082 568 5648.



