Local sportSport

Voerderhengel raak al meer gewild

VOERDERHENGEL is stadig besig om 'n bekende en gewilde sport te word en ook in Mokopane is daar baie hengelaars wat naweke en vakansies langs die viswaters kuier en dié sportsoort beoefen.

MOKOPANE – VOERDERHENGEL is stadig besig om ‘n bekende en gewilde sport te word en ook in Mokopane is daar baie hengelaars wat naweke en vakansies langs die viswaters kuier en dié sportsoort beoefen.

Suid-Afrika neem jaarliks aan die voerderhengel-wêreldkampioenskappe deel wat elke jaar in ‘n ander land gehou word. Vanjaar gaan die gekose hengelaars na Holland waar hulle Suid-Afrika gaan verteenwoordig.

Wat maak voerderhengel anders:

Die tipe gerei wat gebruik word om mee te hengel verskil van die normale, slegs een stok word toegelaat om mee te hengel en dit geskied vanaf ‘n platform.

Volgens Frans Spamer, ‘n gesoute hengelaar van Mokopane, verg die sport geweldige akkuraatheid. Die hengelaars maak gebruik van ‘n houer genaamd die “feedertjie” wat ongeveer 40 mm lank en 30 mm in deursnee is, wat gevul word met die voer waarmee jy hengel.

‘n Kompetisie kan tot vyf ure duur waarna die visse vir die dag ingeweeg word en die wenner aangewys word.

Frans nooi alle belangstellendes uit om hierdie sport te kom beoefen. “Dalk is jy die volgende wêreldkampioen,” sê Frans. Vir enige verdere inligting kontak Frans op (083) 781 4975.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button