Limpopo Hengelspan behaal 2de plek by SA kampioenskappe
Die Limpopo Hengelspan het tweede gekom in die Suid-Afrikaanse Hengel Kampioenskap wat in Mosselbaai vanaf 13 tot 21 Februarie plaasgevind het.
POLOKWANE – Die Limpopo Hengelspan het tweede gekom in die Suid-Afrikaanse Hengel Kampioenskap wat in Mosselbaai vanaf 13 tot 21 Februarie plaasgevind het.
Die span is ook as die span wat die meeste visse gevang het aangewys sowel as die span wat die grootste eetbare vis gevang het. Hierdie vis was ‘n kabeljou van 27kg wat deur Len Alkers gevang is. “Die hengelaars het net met ‘n 4kg visvanglyn, vis gevang so dit was baie uitdagend,” sê Nico Kruger, die spanbestuurder.
Die grootste vis wat gevang is, was ‘n 39kg diamant pylstert vis (stingray).
“Die spanne het meestal nie-eetbare visse geteiken wat weer teruggegooi kon word as hulle klaar geweeg was,” verduidelik Kruger. Daar was net nege eetbare visse gevang.
Die span se lede is:
1. Kruger, spanbestuurder, Visarend LGB.
2. Kobus Smit.
3. Anton Williams, Visarend LGB.
4. Pieter Smit, Visarend LGB.
5. Len Alkers.
6. Jaco Horn, reserwe, Visarend LGB.
Jan Barend Kruger, ‘n junior lid van die Visarend LGB, is aangewys as die spanbestuurder van die Suid-Afrikaanse Binnelandse Span.
Hierdie span sal in Oktober aan die Algehele Binnelandse-kompetisie deelneem.
“Limpopo hengelaars is nie gewoond aan die see nie, ons is maar varswater hengelaars maar ek dink ons het puik presteer in Mosselbaai,” sê Kruger.



