Local sportSport

Noordelikes ly onder Raiders

BB Truck Noordelikes Rugbyklub het verlede Saterdag gasheer gespeel vir die Raiders van Roodepoort se eerstespan tydens hul Cell C-gemeenskapsbekertoernooi.

POLOKWANE – BB Truck Noordelikes Rugbyklub het verlede Saterdag gasheer gespeel vir die Raiders van Roodepoort se eerstespan tydens hul Cell C-gemeenskapsbekertoernooi.

Die besoekers het uit die staanspoor gewys hulle was hier om te wen toe hulle in die tweede minuut van spel reeds Noordelikes se verdediging geflous het en ‘n drie gedruk het.

Dit het die toon geset vir ‘n opdraande stryd vir die tuisspan wat uiteindelik met 50-27 die aftog teen Raiders moes blaas.

Die toeskouers van beide spanne is egter beloon met ‘n wedstryd vol opwindende rugby wat 11 drieë opgelewer het, sewe vir Raiders en vier vir die Noordelikes.

Noordelikes het wel venynig teruggekap met twee drieë deur die regterflank Heinrich Lubbe en losskakel Alwyn Olivier, maar heelagter Zander Byleveldt kon nie die twee drieë verdoel nie.

Raiders het tot hul besinning gekom na die aanval van die Noordelikes en hulle het teruggekap met drie drieë om na die eerste helfte met 31-13 voor te loop.

Noordelikes het eerste bloed getrek in die tweede helfte van die spel, met agsteman Dustin Hoffmann wat vir sy span ‘n drie gedruk het.

Byleveldt het dié drie suksesvol verdoel.

Die besoekende Raiders moes egter veel harder werk vir die bykomende drie drieë in die tweede helfte met Noordelikes se verdediging wat met alle mag probeer het om die Raiders se aanvalle af te weer.

Noordelikes se vierde drie is deur die buitesenter Gert van der Merwe gedruk en losskakel Olivier het dit verdoel vir twee ekstra punte.

Raiders het die finale spyker in Noordelikes se doodkis geslaan in die 79ste minuut met nog ‘n verdoelde drie net voor die einde van die spel.

(FOTO’S)

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button