Trap daardie pedale vir liefdadigheid
Hoërskool Louis Trichardt het op Donderdag 7 Mei 'n bergfietsbrul aangebied om vir die Makhado Care Group geld in te samel.
LOUIS TRICHARDT – Hoërskool Louis Trichardt het op Donderdag 7 Mei ‘n bergfietsbrul aangebied om vir die Makhado Care Group geld in te samel.
Die Makhado Care Group is ‘n organisasie sonder winsbejag wat na kankerpasiënte in Louis Trichardt omsien.
Meeste finansiële steun word gewerf deur fondsinsamelings te hou en deur skenkings.
Tien leerders is uit elke klas gekies om deel te neem aan die bergfietsbrul. Die baan is uiteengesit vir die fietsryers om deur die skool te ry.
Die leerders het die dag geniet ten spyte van die nat weer. Alhoewel hulle nie self deelgeneem het nie, was Ridgeway College se leerders ook daar om morele ondersteuning te bied.
Gr. 11-1, die Cansa Crusaders, het die dag se wedloop gewen met 29 rondes, gr. 9-1, Fairies & Warriors, was tweede met 28 rondtes, gr. 11-2, Pankreas Perminnions was derde met 27 rondes en Ridgeway College Scar span, wat nie amptelik deelgeneem het nie, sluit ook die dag af met 29 rondes.
Die klas wat die meeste geld ingesamel het teen die einde van die dag was die gr. 11-1 klas van Sarita Botha.
Die vinnigste ronde- wenners vir die dag was:
Seuns:
• Kombo Bere in 01:58
• Chris Knoesen 02:01
• Zian van Heerden 02:06
Meisies:
• Jadie McCleod (Ridgeway) 02:52
• Joleen de Swart 03:01
• Amorien Venter 03:18
Verder het Tanya Matumba die prys gewen vir die mees uitmuntende val,
Richard Lambert vir die grootste meganiese onklaarheid en die klas met die meeste gees vir die dag was die Pink Panthers (gr. 12-4).





