Osiegees weerklink by hul gholfdag
Altesaam 88 spelers het vanjaar aan die Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se gholfdag deelgeneem
POLOKWANE – Altesaam 88 spelers het vanjaar aan die Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se gholfdag deelgeneem.
Die Oosskool Beterbal Gholfkompetisie het op Vrydag, 14 Augustus by die Polokwane Gholfklub plaasgevind.
Met van Oosskool se personeel wie ook vir afslaan aangetree het, het die gholfdag belowe om in ware Osiegees te verloop.
Die naaste aan die pen op putjie vier was Nelson Marais, op putjie agt was dit Jaco Linde, Thabo Shingange op putjie 11, Neil Brandt op putjie 16, Jaco de Bruin op putjie nege en Danie Bouwer op putjie 18.
Die wenners van die dag is: Johnny O’Reilly en Pierre van Biljon in die eerste plek met ‘n totaal van 48 punte met Anton van Vuuren en Ernest Faver in die tweede plek met ‘n totaal van 47 punte.






