Colin Steyn sê dankie vir die onderstening
Hy het pas terug gekeer waar hy vir die Suid Afrikaanse-Bokkiespan gespeel het. Hy bedank die volgende mense vir hul onderstening en finansiële hulp.
MOKOPANE – Danksy die geldelike hulp van die gemeenskap kon Colin Steyn, ‘n blitsvleuel wat vanjaar vir Hoërskool Piet Potgieter (HPP) se eersterugbyspan uitgedraf het, in Italië sy vernuf gaan wys. Hy het pas terug gekeer waar hy vir die Suid Afrikaanse-Bokkiespan gespeel het. Vir ‘n meer gepaste wyse om sy hoërskool rugbyloopbaan af te sluit kon hy moeilik vra.
Colin het op 27 November na Italië vertrek as deel van die AVS Bokkie Sewes se rugbytoer. Die o/14, o/16 en o/19-sewespanne is deur Unione Rugby Capitolina genooi om wedstryde in Rome, Florence en Venesië te speel. Colin was deel van die o/19-span wat al sewe hulle wedstryde gewen het.
Hy bedank sy ouers wat bygedra het tot die toer en ook fluks ingespring en fondse ingesamel het.
Hy sê ook dankie aan die volgende mense wat hulle harte en beursies oopgemaak het: Piet van Heerden (Rustenburg), Tracey Pieterse (Fourways), Sandi Forrester (Springs), Debi Staal (Johannesburg), Daryl Lawrence (Fourways), Belinda de Hahn (Kaapstad), Christo Putter (Durban), Kathryn Bamford (Benoni), Lorinda Spangler (Rustenburg) en Wessel Smit van Natura Feeds (Polokwane).
Colin bedank sy plaaslike ondersteuners vir hulle finansiële hulp: Willie en Estelle Strauss, Nico en Antonette Kotze, Magiel en Juanita Riekert, C.P. en Gertru van der Walt, Johan en Kathleen Naude, Hein en Pieter van der Kolff, Johan Kirchner, Casio de Sousa, Antonie Abrahams, Flippie de Beer, Schalk Bruwer, Reinette Visagie, Kitty Dreyer, Anne-Marie Steyn, en Hein en Linda du Plessis.
Read more:




