Rugbyklub reg vir nuwe jaar
Die nuwe bestuur van die Potgietersrus Rugbyklub is...
MOKOPANE – Potgietersrus Rugbyklub is goed op dreef en maak gereed vir die seisoen wat voorlê.
Die spelers oefen elke Maandag, Dinsdag en Donderdag om 18:30 op Hoërskool Piet Potgieter se rugbyvelde.
Enigeen wat wil speel, is meer as welkom om die oefeninge by te woon.
Die klub gaan vanjaar probeer om drie spanne in die liga in te skryf.
Die rugbyklub spreek sy dank uit teenoor Francois Duvenhage (vorige president) en sy vrou, Janet, vir hulle wonderlike werk en opoffering die afgelope jare.
Die spelers en bestuur waardeer dit opreg.
Die nuwe bestuur is:
Frans Fourie (president), Renier Labuschagne (voorsitter), Leslie Venton (ondervoorsitter), Louis Breyer (spanbestuurder), SJ Jonker (hoofafrigter), Jaco de Villiers, (hulpafrigter), Anthony Hawken (tesourier), Wickus Visser (klubkaptein), Phil Herselman,(addisionele lid), Deon Klein (sekretaris), Chantelle Herselman (sosiale media).
Kontak gerus vir Leslie Venton 071 481 9721 of Renier Labuschagne 081 523 6491 vir enige navrae.




