Bosveld SportLocal sportSport

Mookgophong stoeier spog met silwer in Egipte

Bobaasstoeier, Hanru Botha, was een van slegs twee stoeiers wat Suid-Afrika verlede week tydens die Senior Afrika kampioenskappe in Egipte verteenwoordig het.

MOOKGOPHONG – Hy het ‘n silwer medalje verower.

Die wêreld se beste stoeiers het hulle vernuf in die kryt gewys en Botha spog met ‘n 10-0 wen teen sy teenstaander van Marokko. Hy wen ook sy teenstaander van Egipte en ‘n 17-7 om sy plek in die eindstryd te bespreek.

Na ‘n titaniese eindronde teen ‘n stoeier van Tunisië het hy net-net die titel as wenner gemis en ‘n silwer medalje opgeraap.

Die kampioenskappe is deels ‘n kwalifiserende toernooi vir die Olimpiese Spele en die stoeiers moes ‘n plek in die top twee opraap om later vanjaar in Mongolië of Turkye te gaan stoei om ‘n plek by die Olympiese Spele te verseker.

Botha is deel van die alombekende Extreme Fighting Championship (EFC) en beoefen die sport nou voltyds.

Sy pa en afrigter, Rudi Botha, sê:”Ek is baie trots op Hanru se puik prestasie.”

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button