Bosveld SportLocal sportSport

Met geloof getrap

Die Trap vir Bybels projek wat onlangs by La Pumba Hunting Safaris plaasgevind het, was 'n reuse sukses

MOKOPANE – Ongeveer 140 trappers het verskeie afstande op hulle fietse aangedurf tydens die Trap vir Bybels projek.

Hierdie pragtige projek is ten bate van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika gehou en aangebied deur die Volle Evangelie Kerk wat die nodige fondse wou insamel om bybels te druk en versprei. Paul Essakouw van ROR Events het ook die puik beplanning gedoen.

Dit was ‘n dag vol opgewondenheid terwyl fietsryers van oud en jonk gereed gemaak het om die verre kilometers aan te durf om mede aardsbewoners bekend te maak van geloof en die Bybel.

Die wenners van die 42 km was:

•Awie Hattingh – mansafdeling

•Theresia Lessing – damesafdeling

•Byron Nel – ope seunsafdeling

Die wenners van die 20 km was:

•Sarel Alberts – mansafdeling

•Janize van Staden – damesafdeling

•Brandon van Vuuren – ope-seunsafdeling

•Liezel van Schalkwyk – ope-meisiesafdeling

Die wenners van die 5 km was:

•Marthin van Tonder – mansafdeling

•Adele Bodenstein – damesafdeling

•Spanner Theunissen – seunsafdeling

•Zanè janse van Vuuren – meisiesafdeling

•Frederik Stoltz – seuns onder 12 afdeling

•Jessica Essakow- meisies onder 12 afdeling

Die Volle Evangelie Kerk, Mokopane, bedank al die borge vir hulle skenkings en hulp en hulle beplan om volgende jaar weer so ‘n funksie te hou ten bate van die Bybelgenootskap.

lionel@nmgroup.co.za

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button