Local sportSport

Potties troef Northam

Potties Rugbyklub se eerstespan stoomroller voort met oorwinnings in die Boet Fickliga nadat hy Northam verlede Saterdag met 35-31 klop.

MOKOPANE – SJ Jonker, afrigter van die Fire-Quip Potties eerstespan sê Northam het sommer vroeg in die wedstryd die voortou op hulle veld geneem met die telling 14-0. Potties het daarna oorgeduik en ‘n doelskop deur die pale gejaag met die rustydtelling 28-7.

Die manne het harde rugby gespeel en vyf kaarte is uitgedeel. Na rustyd het Potties net met 14 spelers gespeel nadat die stut Wickus Visser met ‘n rooikaart van die veld gestuur is.

Losskakel Jan Vorster en die stut, Stephan Oosthuizen probeer die balbesit stuit.

Agtsteman Philip Fuls het later ‘n geelkaart gekry en die span het daar en dan besluit om hulle ritme en veggees terug te kry om uiteindelik te seëvier.

Die spelers wat drieë gedruk het, was Jaco van Heerden, Hans du Plessis, Adriaan Laidlaw (2) en Wikus Pretorius. Jan Vorster het ‘n goeie wedstryd gehad en al vyf die drieë verdoel.

Hans du Plessis (senter), op die aanval.

Die agterspeler van die wedstryd was Hans du Plessis en die voor- en algehele speler van die wedstryd was Deon Klein.

Die span bedank hulle afrigters, SJ en Douw Oosthuizen, asook al die borge en ondersteuners. Die span speel Saterdag teen Letaba op hulle velde.

Surita Oosthuizen was langs Northam se veld om foto’s te neem van die aksie.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button