Tuks-swemmers palm in medaljes by 46ste Sasol Winterkampioenskap
Die 46ste Sasol Winterkampioenskappe is van 3 tot 8 Julie in Sasolburg in die Vrystaat gehou en talle van Mokopane se voorste swemmers was in die water.
MOKOPANE – Die Sasol Sharks Swemklub het die kampioenskappe aangebied en meer as 500 swemmers van sewe provinsies, asook ‘n swemklub van Botswana en ‘n swemmer van Dubai het in die Penny Heyns swembad meegeding.
Die swemmers van Tuks Mokopane wat vanjaar deelgeneem het, was Franco Botha, Immerè Botha, Jacobus Botha, Paul de Beer, Ruben Glover, Raymond Kockott, LW Lourens, Carlia Nel, Ruard Nel, Jeska Tiersma, Mornè van der Bank, Megan Wolvaardt.
Tuks Mokopane het 17 medaljes ingepalm. Altesaam 36 klubs het deelgeneem. Die seuns het sewende en die meisies het 12de geëindig. Dis ‘n uitsonderlike prestasie as in ag geneem word dat net 12 van Tuks Mokopane se swemmers die gala bygewoon het.
Plekke behaal deur die swemmers:
Franco Botha (15): 50 m Vryslag (sewende), 100 m vryslag (agtste), 200 m vryslag (agtste), 400 m vryslag 16 jaar en jonger (15de), 1 500 m vryslag 16 jaar en onder (negende), 50 m vlinderslag -(negende), 100 m vlinderslag (sesde), 200 m vlinderslag 16 jaar en onder (vyfde), 200 m vlinderslag 16 jaar en onder (vyfde), 50 m rugslag (vierde), 100 m rugslag (derde, brons medalje), 200 m rugslag (derde plek, brons medalje), 50 m borsslag (12de), 200 m IM (negende), 400 m IM 16 jaar en onder (11de).
Immeré Botha (12): 50 m vlinderslag (sesde), 100 m vlinderslag (derde, brons), 200 m vlinderslag 16 jaar en onder (sewende), 50 m vryslag (negende), 100 m vryslag (sewende), 200 m vryslag 16 jaar en onder (sesde), 400 m vryslag 16 jaar en onder( 30ste), 800 m vryslag (16 jaar en onder (16de), 50 m rugslag (negende), 100 m rugslag (11de), 200 m rugslag (sesde), 50 m borsslag (derde, brons), 100 m borsslag (vierde), 200 m borsslag (derde, brons). 200 m IM (tweede, silwer), 400 m IM 16 jaar en onder ( 11de).
Jacobus Botha (10): 50 m Vlinderslag (sesde), 50 m vryslag (12de), 200 m vryslag (11de), 50 m rugslag (10de), 100 m rugslag (negende), 200 m rugslag (sesde), 50 m borsslag (agtste), 100 m borsslag (14de), 200 m borsslag (sewende), 200 m IM (negende).
Paul de Beer (9)
50 m Vlinderslag (16de), 50 m vryslag (29ste), 100 m vryslag (22ste), 200 m vryslag (19de), 50 m rugslag (18de), 100 m rugslag (17de), 50 m borsslag (18de), 100 m borsslag (18de).
Ruben Glover (13): 50 m vlinderslag (12de), 100 m vlinderslag (tiende), 200 m vlinderslag 16 jaar en onder (20ste), 50 m vryslag (negende), 100 m vryslag (sewende), 200 m vryslag (sesde), 400 m vryslag 16 jaar en onder (26ste), 50 m rugslag (vyfde), 100 m rugslag (derde, brons), 200 m rugslag (sesde),50 m borsslag -(agtste), 200 m borsslag (sesde), 100 m borsslag (sesde), 200 m IM (sewende).
Raymond Kockott (16): 50 m Vryslag (derde, brons), 100 m vryslag (derde, brons), 200m vryslag (vierde), 400m vryslag 16 jaar en onder (tiende), 1 500m vryslag 16 jaar en onder (tiende), 50 m vlinderslag (derde, brons), 100 m vlinderslag (tweede, silwer), 200 m vlinderslag 16 jaar en onder (derde, brons), 50 m rugslag (vyfde), 100 m rugslag (vyfde), 200 m rugslag (vyfde), 50 m borsslag (vierde), 200 m IM (vierde), 400 m IM 16 jaar en onder (sewende).
LW Lourens (9): 50 m Vlinderslag (18de), 50 m vryslag (tiende), 100 m vryslag (15de), 200 m vryslag (15de), 50 m rugslag (tiende), 100 m rugslag (11de), 50 m borsslag (17de) 100 m borsslag (16de), 200m IM (negende).
Carlia Nel (11): 50 m Vlinderslag ( 11de), 50 m vryslag (vyfde), 100 m vryslag (agtste), 200 m vryslag (agtste), 50 m rugslag (vyfde), 100 m rugslag (sesde), 200 m rugslag (sewende), 50 m borsslag (11de), 100 m borsslag (14de), 200 m borsslag (11de), 200 m IM (agtste).
Ruard Nel (12): 50 m Vlinderslag (11de), 100 m vlinderslag (negende), 50 m vryslag (sewende), 100 m vryslag (agtste), 200 m vryslag (vyfde), 400 m vryslag 16 jaar en onder (33ste), 50 m rugslag (11de), 100 m rugslag (13de), 200 m rugslag (negende), 50 m borsslag (vyfde), 100 m borsslag (negende), 200 m borsslag (agtste), 200 m IM (tiende).
Jeska Tiersma (12): 50 m Vlinderslag (16de), 200 m vryslag(18de),50 m rugslag (15de), 200 m IM (16de), 50 m borsslag (14de).
Morne van der Bank (18) het in die ouderdomsgroep 17 en ouer deelgeneem: 50 m Vlinderslag (12de), 100 m vlinderslag (13de), 50 m vryslag (15de), 100 m vryslag (14de), 200 m vryslag (17de), 50 m rugslag (6de), 100 m rugslag (vyfde), 200 m rugslag (vyfde), 50 m borsslag (sesde), 200 m borsslag (vyfde), 100 m borsslag (sesde), 200 m IM (negende).
Megan Wolvaardt (12): 50 m vlinderslag (agtste), 100 m vlinderslag (sesde), 50 m vryslag (vyfde), 100 m vryslag (tweede, silwer), 200 m vryslag (derde, brons), 400 m vryslag 16 jaar en onder (29ste), 800 m vryslag 16 jaar en onder (14de), 50 m rugslag (derde, brons), 100 m rugslag (derde, brons), 200 m rugslag (tweede, silwer), 50 m borsslag (tiende).
Baie geluk met die prestasies.
redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za