Kom trap saam by HPP se Tour de Pot
Wanneer die lente sy kop begin uitsteek is dit tyd dat die fietsryliefhebbers hulle fietse gereed kry vir Hoërskool Piet Potgieter se jaarlikse Tour de Pot.
MOKOPANE – Wanneer die lente sy kop begin uitsteek is dit tyd dat die fietsryliefhebbers hulle fietse gereed kry vir Hoërskool Piet Potgieter se jaarlikse Tour de Pot.
Die skool hou weer op 15 Augustus sy gewilde fietsrywedren en ook ‘n staptog vir diegene wat nie die pedale wil trap nie.
Die wegspring is in Pretoriusstraat noord van die Thorny Bush Landgoed en die afstand wat getrap word is 18 km. Vir die stappers is daar ‘n 8 km staproete.
Dit kos net R30 vir hoër- en laerskoolleerders en R100 vir volwassenes. Elke fietsryer en stapper ontvang ‘n nommer. Onthou ‘n padfiets met dun wiele sal nie werk nie.
Opwindende pryse kan gewen word en gelukstrekkings gaan ook gehou word.
Kom skryf nou in by die skoolkantoor en deel in die heerlike pret.
redakteur.bosveld@nmgroup.co.za






