Local sportSport

Tennis in sy bloed en ook sy beroep

Pieter Hoeksma is 'n bekende tennisskeidsregter en het onlangs in Polokwane kom kuier waar hy jong tennisspelers in die Boabab Limpopo Minitoernooi kom beoordeel het.

POLOKWANE – Hoeksma se werk vereis van hom om baie te reis en gun hom die geleentheid om die baan met verskeie beroemdes te deel; hy mag egter nie met die individue gedurende ‘n toernooi gesels nie.

“My vrou sê altyd ek werk nie regtig nie want ek het kans om elke dag in ‘n kortbroek te gaan werk en is bykans heeldag buite op die baan,” skerts hy.

Volgens Pieter het die sport baie ontwikkeling en ondersteuning nodig wat dit tans nie ontvang nie. Hy voel ook dat daar vir hom geensins ‘n verskil tussen internasionale en skoletennis is nie.”Op die einde van die dag is dit alles oor tennis en of jy nou internasionaal speel of nie, moet jy altyd die reëls volg,” vertel hy.

Soos wat hy rondreis neem hy soms vreemde bygelowe waar, wat deur internasionale spelers beoefen word, en wat hy self probeer. “Een soek ‘n vou in sy handdoek, die ander speel net die volgende punt met ‘n spesiale bal en selfs ek glo dat as ek my hande op ‘n manier hou, kan ek nie foute maak nie,” vertel Hoeksma.

Hy moedig individue aan om die sportsoort te beoefen omdat daar talle voordele daaraan verbonde is. “Dis ‘n sport wat baie goed is vir oog- en handkoordinasie en die waarheid is dat enige kind wat tennis speel, al is dit net vir ‘n rukkie, beter in ander sportssoorte vaar, ongeag wat die sport is,” sluit hy af.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button