Local sportSport

Skuts laat skote klap

Die afgelope naweek het skuts van provinsies regoor Suid-Afrika aan die nasionale geweerkampioenskap by die skietbane van die Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging deelgeneem.

POLOKWANE – Hierdie kampioenskap is deur die Limpopo Praktiese Skietvereniging aangebied.

Limpopo skut en mede-organiseerder, Marita Botha, sê dit was ‘n uiters suksesvolle en genotvolle kampioenskap en die bane was uitstekend om op te skiet.

“Ons het ook die voorreg gehad om 14 buitelandse Internasionale Praktiese Skiet Konfederasie skuts te sien deelneem. Die skuts was vanaf lande soos Swede, Finland, Frankryk, Israel en Duitsland,” het Botha gesê.

Internasionale skuts van Europa soos Christopher Eap van Frankryk het ook aan die naweek se nasionale geweerkampioenskap in Polokwane hul opwagting gemaak.

Uitslae:

Oop-klas semi-automaties:

1. Olle Ackehed (Swede).

2. Lukas Janse van Rensburg.

3. Gerrit-Jan Bakker.

Oop-klas semi-automaties super-senior skuts:

1. Carlo Beletti.

2. Joel Cohan.

3. Per Jonasson (Swede).

Oop-klas semi-auto senior skuts:

1. Per Bergfeldt (Swede).

2. Arthur Cavallineas.

3. Herman Schreiber.

Oop-klas semi-auto vroue skuts:

1. Pia Clerte (Swede).

2. Esti Bender.

3. Marita Botha.

Esti Bender is van die vele vroueskuts wie ook aanspraak gemaak het vir ‘n plek in die Protea-span tydens die afgelope naweek se nasionale skietkampioenskap in Polokwane.

Oop-klas semi-automaties junior skuts:

1. Nikolaos Loupellis.

2. Fred Economakis.

3. Marzé Becker.

Marzé Becker is een van Polokwane se plaaslike skuts wie Limpopo tydens die naweek se nasionale geweerskiet kampioenskap in dié stad verteenwoordig het.

Oop-klas semi-automatiese spankompetisie:

1. Noord-Gauteng met skuts Lukas Janse van Rensburg, Gerrit-Jan Bakker, André du Toit en Christo van Zyl.

2. Top Gun (Swede) met Olle Ackehed, Mikael Schelen, Kim Leppanen en Tuomas Koli.

3. Mmpumalanga 1 met Dirk Becker, Ronald Gower, Barry Geldenhuys en Mitch McAllister.

Oop-klas pomp-aksie:

1. Albert Olivier.

Standaard-klas semi-automaties:

1. Piet van Wyk.

2. Marc Kleser (Duitsland)

3. Terry Calivitis.

Standaard-klas semi-automaties senior skuts:

1. Marc Kleser (Duitsland).

2. Malcolm Christie.

‘n Aantal skuts het na afloop van hierdie kampioenskap Proteakleure verwerf. Volgens Botha gaan hierdie skuts Suid-Afrika in 2018 in Swede by die Europese geweerkampioenskap verteenwoordig.

Skuts wat groen en goud verwerf het:

Oop-klas semi-auto:

• Lukas Janse van Rensburg.

• Gerrit-Jan Bakker.

• André du Toit.

• Ronald Gower.

Oop-klas semi-auto seniors:

• Dirk Becker.

• Ernst Heydenrych.

• Standaard-klas semi-auto senior skuts:

• Piet van Wyk.

• Terry Calivitis.

• Tinus Botha.

• Demis Karamitsos.

roelof@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button