Local sportSport

Doebai-bederf vir HPP sewes-speelers

Twee van Hoërskool Piet Potgieter se ywerige rugbyspelers het vanaf 27 November tot 4 Desember aan die o/19-Emirates Sewesrugbytoernooi in Doebai uitgedraf en ook die kans gehad om dié pragtige hoofstad in Arabië saam met die mede-afrigter van die African Knightsspan, Renier Labuschagne, te verken.

MOKOPANE – Dié rugbytoernooi is wêreldbekend en is ook die oudste blywende sportbyeenkoms in die Midde-Ooste en vir 16 agtereenvolgende jare is dit as die grootste byeenkoms in Doebai aangewys.

Die African Knights staan trots saam met mede-afrigter Renier Labuschagne (regs).
Foto’s: Verskaf.

Die African Knights, wat CG Kruger en SW Bruwer van HPP insluit, het volgens Labuschagne goed gevaar tydens die sewesrugbytoernooi en dié twee jong manne het geleentheid gehad om by top sewessterre te leer.

Hulle het teen spelers van regoor die wêreld meegeding, onder andere spelers van Australië Akademie, Noordvaal 7’s, Peregrine, All Stars en Central SA Invitational, teen wie die African Knights met ‘n telling van 21-7 gewen het.

Lees meer: HPP sewes-speelers gaan naam maak in Dubai

Volgens Labuschagne was die toernooi ‘n goeie ervaring en hoop hy om vanjaar meer spelers aan dié toer bloot te stel. CG en SW het die toernooi ten volle geniet en baie geleer.

“Dit was my tweede jaar wat ek na Doebai reis maar ek leer elke keer iets nuuts. Dit was ‘n voorreg om teen, en saam, met van die wêreld se top spelers te speel,” sê SW.

https://www.citizen.co.za/review-online/189044/avontuur-vir-sewes/

Daar was nie net hard gewerk op die veld nie maar ontspanning was ook deel van die opwinding. Die span het JBR Strand besoek, Mall of Emirates, Doebai Ski Resort, Desert Safari and BBG, aandete in die woestyn gehad, die Wild Wadi Water Park geniet, op busse gereis en hul het ook die geleentheid gehad om die Burj Khalifa, die hoogste gebou in die wêreld, tot bo te klim vanwaar hul ‘n asemrowende uitsig kon geniet.

“Ons kan enige o/19-rugbyspeler wat vanjaar hard nooi om saam te gaan, die toer is oop vir almal,” sê Labuschagne.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button