Local sportSport

Leandri lewe vir skopboks

Leandri Peyper (16) neem al sedert die ouderdom van 6 aan skopboks deel en dit is iets wat sy nie maklik sal prysgee nie.

POLOKWANE – Sy het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Skopbokskampioenskap in die Kaap gaan deelneem en drie titels huistoe gebring. Skopboks, verduidelik sy, is vir haar ‘n baie interessante sportsoort.

“Dis ‘n sportsoort wat my fiks hou en dit is vir my lekker om hier te wees want almal by de klub is soos een groot familie,” vertel sy.

Sy is ‘n oud-leerder van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé en beskryf haarself as iemand wat lief is vir grappies maak tot sy in die skopbokskruit is, dan is sy vol passie en haar opponente weet hulle is in vir ‘n ding.

Leandri is deel van die Limpopo Provinsie Sport Karate-Kickboxing Akademie (LPSKKA) en vertel dat sy nie terughou net omdat sy ‘n meisie is nie. Sy oefen twee keer ‘n week en hoop om so lank as wat sy kan met dié sportsoort aan te gaan.

Sy vertel sy beveel skopboks vir alma aan. “Ek daag almal uit om te kom kyk wat in dié sportsoort gebeur. Kom kyk gerus wanneer ons oefen en ek is seker die gogga gaan julle ook byt,” vertel sy

Haar afrigter, Nico Myburgh, vertel dat hy groot dinge vir haar toekoms in skopboks verwag met die hoeveelheid toewyding wat sy het.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button