Local sportSport

Bobby Sacco voeg nog ‘n goud by sy versameling

Bobby Sacco, ‘n plaaslike meestersatleet, sê hardloop is nog altyd een van sy groot passies en dat hy vir so lank as wat hy kan sal hardloop.

POLOKWANE – Dié meestersatleet van Run/Walk for Life Polokwane het die afgelope naweek weer goud by sy versameling van medaljes gesit toe hy in die 15 km Aïda-wedloop in die ouderdomsgroep 50 tot 59 in net langer as ‘n uur voltooi het.

Sacco vertel dat hy reeds van die ouderdom van agt jaar af hardloop en dat hy tans steeds sterk in sy ouderdom van 62 is.

“Ek skryf my gesondheid daaraan toe dat ek fiks bly omdat ek nie ‘n wedloop misloop nie. Ek moedig almal aan om deel te wees van die stad se hardloopgemeenskap,” vertel hy.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button