Nou wag eindstryd
Twee van Hoërskool Piet Potgieter se rugbyspanne dring deur na die Limpopo finale op 21 Julie op Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se velde in Polokwane.
MOKOPANE – Na ‘n paar harde wedstryde het die eerste- en die o/15A-rugbyspanne Saterdagoggend deurgedring na die Limpopo finale. Die eerstespan sal alles in die stryd moet werp wanneer hulle weer teen Hoërskool Frikkie Meyer uitdraf, want die vorige keer was hulle aan die verloorkant. Dit beloof om ‘n skouspelagtige wedstryd te wees.
Die o/15A-span draf dieselfde dag op Tom Naude se velde teen Hoërskool Ellisras van Lephalale uit.
Die semi-finale uitslae is as volg met HPP se speler van die wedstryd in hakies:
Eerstespan HPP 33-22 Ellisras (Siphiwe Tjale).
o/16 Ellisras 28-22 HPP (Franco Botha).
o/15A HPP 19-17 Merensky (Gundu Rapungha).
o/15B Merensky 20-17 HPP (James Magongoa).
Die finale ligauitslae is as volg met HPP se speler van die wedstryd in hakies:
Hoërskool Piet Potgieter se tweedespan deel die Limpopo-beker met Hoërskool Frikkie Meyer met ‘n eindtelling van 12 elk, (Raynardt Maree).
redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za



